Grace and Truth

This website is under construction !

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- 09. Comparisons -- 4.12 Tenth Commandment: Do Not Covet Your Neigbor's House
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic? -- Armenian? -- Azeri? -- Bulgarian? -- Cebuano? -- Chinese? -- English -- Farsi? -- French -- German -- Gujarati? -- Hebrew -- Indonesian -- Norwegian? -- Polish? -- Russian -- Serbian? -- Spanish? -- Tamil -- Turkish? -- Uzbek -- Yiddish? -- Yoruba?

Next part -- Next part

09. VERGELYKINGS TUSSEN ISLAM EN DIE CHRISTELIKE GELOOF
Vergelykings 4 - Die Tien Gebooie

4.12 -- TIENDE GEBOD: MOENIE JOU NAASTE SE HUIS BEGEER NIE



"Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie." (Eksodus 20:17)


4.12.1 - Moderne Versoekings

Enigeen wat televisie kyk kan aan die versoeking van uitlokkende advertensies toegee. Jy mag haas om dinge te koop, kontrakte te teken met versekeringsmaatskappye, klere, parfuum of sportmotors te besit. Die lys is eindeloos, maar jy sal nooit die eenvoudige stelling van Jesus in hierdie advertensies hoor om jouself te verloën en tevrede te wees met wat jy het nie. Die boodskap is eerder om alles te begeer en te koop wat jy nie het nie.

‘n Koerant het ‘n foto gewys van ‘n klein seuntjie wat tot sy ore in speelgoed, opgestopte diere, karretjies en speletjies gesit het. Daardie klein seuntjie is alles gegee wat hy begeer het; die samelewing het hom alles gegee totdat hy gefrustreerd was en verdrink het in die wêreld van sy kinderjare.

In industriële samelewings word mense beïnvloed deur waardes wat die tiende gebod teenstaan. Byvoorbeeld, ‘n man en vrou mag vir jare en jare werk om hul droomhuis te bou. Hulle oorwerk en as die moeder ‘n werk kry dan mag sy haar kinders afskeep en haarself uitbrand. Hulle drink te veel koffie en neem stimulante in die hoop dat dit hulle sal opwek om te werk. Die resultaat is dat hulle innerlike leeg raak, dat hulle skuld vergader en in familietwis verval. Hoekom? Omdat die gesin meer geld wil spandeer op dinge wat hulle nie nodig het nie en lewens bo hul inkomste wil leef.


4.12.2 - Word Eiendom Toegelaat?

Jesus sê, "Want wat baat dit 'n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly?" (Matteus 16:26). Hy het ook gesê, "Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red" (Markus 8:35). In tye van oorlog is een bom genoeg om ‘n hele gebou in ‘n oomblik te verwoes en alles in as vergaan. Miljoene vlugtelinge het alles verloor wat hulle besit het. In ‘n kommunistiese land moet almal wat ‘n huis of eiendom besit belasting betaal wat meer is as die huur vir ‘n vergelykende woonstel. Mense raak finansiële erger af as iemand wat niks besit nie. God wil ons tot Homself herstel en dat ons na materiële dinge vanuit Sy perspektief kyk. Geestelike waarhede is meer werd as materiële besittings.

Diegene wat ‘n erflating verdeel moet versigtig wees, want waarom sal ons vyandigheid tussen familielede bewerkstellig oor geld en besittings? Jesus het gesê, "En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry" (Matteus 5:40). Paulus het ons verseker dat dit meer geseënd is om te gee as om te ontvang. Dit moet altyd ons beginsel wees wanneer ons Jesus volg. Dit is verkeerd om ander se besittings te neem. Enigeen wat dokumente vervals of voordeel trek uit ander se naïwiteit, is onder God se oordeel, want God beskerm die weeskinders en hulpeloses.


4.12.3 - Misleiding van Mense

Die tiende gebod is nie beperk tot die verkryging van eiendomme nie, maar verbied ook dat ons medewerkers, dienswerkers of vriende verlok. Selfs al verkwalik werkers hul base of het hulle werksprobleme, gee dit ons nie die reg om onenigheid aan te moedig nie. Ons moet ander eerder uitdaag om te bly waar hulle is, maak nie saak hoeveel voordele daar is om van omgewing te verander nie. Ons moet ook die tiende gebod nakom in kerke, verenigings, skole en welsynsorganisasies, want om mense weg te lok sal geen seën bring nie.

Dit mag ernstige gevolge skep as iemand met ‘n ander gesin se sake inmeng en die man of vrou in die versoeking lei om hul gesin te verlaat wat God aan hulle gegee het. Die begeerte na verandering of die pyn van diep misverstand of selfs skerp twis kan nooit so ’n pynlike stap regverdig nie. Jesus self het gesê, "Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie" (Markus 10:9). As iemand probeer om ‘n huishouding skade te doen of seksuele betrokke raak buite die huwelik, dan het hy nodig om te bekeer en sy gesindheid te verander en verantwoordelikheid vir sy gesin kan neem. Die lewe sal dan betekenisvol wees vir hierdie individu en sal hy leer om alle vorme van sonde te haat en te verwerp. Hy sal nie sulke bose idees koester soos om sy lewensmaat vir ‘n nag te verloën of vakansie van sy huwelik te neem nie. Eerder, deur die krag van die Heilige Gees sal hy in regte onthouding leef van enige vorm van sonde, want jy kan nie enigiets doen sonder die Heilige Gees nie.


4.12.4 - Wat Veroorsaak Ons Begeerte?

Die tiende gebod praat van sekere mense of dinge wat ons sou begeer. Vandag kan ons tot die lys byvoeg: motors, musiekinstrumente, wasmasjiene, yskaste en deftige klere. Ons dink ons moet hê wat ander het. Die toenemende lewenstandaard is eintlik destruktief en verarmend. Ontwikkelende lande het gesofistikeerde projekte begin wat hulle in skuld gedompel het todat hulle nie eers meer die rente op die skuld kon betaal nie. Hulle het moderne tegnologie aangeskaf wat nie gebruik kon word nie, want niemand het geweet hoe om dit te herstel nie. Die apostels van Christus het geweet waarom dit belangrik was om tevrede te wees met wat jy het en om bevry te wees van skuld wat liggaam en siel kan vernietig. Jesus het ook gesê, "maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees" (Matteus 20:26-27). Jesus het gekom om al die waardes in ons wêreld weer in te stel toe Hy gebid het: "Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae. Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar. Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig" (Matteus 11:25-30).

Paulus het geskryf dat God al die trots en arrogansie sal vernietig toe slegs ‘n paar ryk en belangrike mense tot die kerk in Korinte behoort het. ‘n Verandering in lewensdoel en hernuwing van die hart, het nuwe betekenis gegee vir die lede van die eerste kerke.

Die tiende gebod verbied nie net ons bose en veragtelike dade nie, maar veroordeel ook ons verborge intensies. Die hof kan tot ‘n sekere mate die misdade van ‘n persoon beoordeel, maar ‘n mens se hart kan slegs deur God onderskei word. Ons verstaan nie eers ons eie harte nie. Ons kan soms ook nie verstaan hoekom ons vriende op bepaalde maniere opgetree het nie. Die Bybel sê, "al die versinsels wat hy in sy hart bedink, [was] altyddeur net sleg" (Genesis 6:5). As ons ons teen die heiligheid van Jesus meet, dan sal ons sien hoe onrein en korrup ons is, "want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God" (Romeine 3:23). Dit kan selfs gesien word in ‘n kind wat sy wil probeer afdwing deur aanhoudelik te skree. Kinders mislei mekaar en wanneer ons die oorerflike sonde in hul lewens sien, dan sal ons die oppervlakkige teorie verwerp wat sê dat kinders moreel onskuldig is. ‘n Groeiende kind beoefen elke begeerte en kan hardkoppig en selfsugtig wees. Natuurlik is daar ‘n verskil tussen om die kwade te bedink en die kwade te doen. Niemand kan versoeking vermy nie, maar ons is geroep om die versoeking met ons hele hart te weerstaan. Dr. Martin Luther het gesê, “Ek kan nie keer dat voëls oor my kop vlieg nie, maar ek kan keer dat hulle in my hare nes maak.” Ons moet bewus wees van enige versoeking, dit weerstaan en dit so oorkom. Paulus het dikwels die Griekse uitdrukking gebruik: “Mag hierdie gedagte nooit in my gebore word nie!” Die brief van Jakobus verklaar die oorsprong van versoeking. In hoofstuk een bevestig hy dat versoeking nie van God kom nie, want God versoek niemand met die kwade nie. Maar as iemand versoek word, dan word hy meegevoer deur die begeertes van sy eie liggaam. "Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort." Die apostel gaan voort, "Moenie dwaal nie, my geliefde broeders. Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie. Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees" (Jakobus 1:16-18).

‘n Christen behoort die Woord van God toe te laat om sy begeertes, doel en intensies daagliks te dissiplineer. Om onrein gedagte te oorkom is afhanklik van ‘n totale oorgee aan Jesus en Sy ewige genade sodat ons met vertroue kan bid, "lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose" (Matteus 6:13). Christene weet dat hul sonde vergewe is deur die bloed van Jesus en hou aan Jesus se geregtigheid vas wat aan hulle oorgedra is. Daarom sal hulle nie doelbewus sondig nie, want die Heilige Gees heilig hul gedagtes en gesindheid. Jesus wil die oorwinnende Here in al ons gedagtes wees. Hy wil ons stryd in die lewe lei en ons oorwinning gee. Dit is nie ‘n heilige oorlog teen individue of nasies nie, maar teen ons eie groot ego’s, teen die bose begeertes wat in ons woon en teen versoekings wat ons van buite af bekruip. Laat ons glo en bid: “Lewende Here en magtige Redder. Ek dank U dat U my gered het. Moet asseblief nie toelaat dat ek weer in hierdie sonde val nie, maar bevry my daarvan en weerhou my van al die boosheid wat in my is. Moet asseblief nie die duiwel ‘n vastrapplek in my gee nie. Neem besit van my, Here en woon vir altyd in my. Reinig my gedagtes heeltemal met U bloed en heilig my met U Gees sodat my wil en begeerte U mag tevrede stel.”


4.12.5 - ‘n Nuwe Hart en ‘n Nuwe Gees

As ons sulke geestelike oorlogvoering teen ons bose self voer, sal ons besef wat Jesus bedoel het dat "uit die hart kom daar slegte gedagtes". Dit is dus nie net ‘n saak van beskerming teen bose dade alleen nie, of selfs ‘n stryd teen spesifieke sondes nie. Ons benodig ‘n skoon gewete, rein gedagtes en ‘n nuwe hart. Daarom moet ons Jesus vra om sy doel in ons te bewerkstellig deur die krag van die Heilige Gees sodat elke area van ons gees, siel en liggaam deur Hom geheilig sal word. Nie alleen is ons liggaam boos nie, maar ook ons gees en siel. Die tiende gebod het ‘n nuwe geboorte en ‘n geestelike hernuwing van gedagtes en gesindheid ten doel. Die profeet Jeremia het baie vir sy opstandige volk gely en het ‘n groot belofte ontvang: "Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees. En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie" (Jeremia 31:33-34).

God gee ‘n soortgelyke belofte aan die profeet Esegiël wanneer Hy Homself openbaar: "En Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart van vlees gee. En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen" (Esegiël 36:26-27). Koning Dawid het die volgende gebed van inkeer gebid 30 jaar voor die openbaring van hierdie profesieë:

“Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid. Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde. Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my. Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou. Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang. Kyk, U het 'n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend. Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu. Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het. Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede. Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees. Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie. Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur 'n gewillige gees. Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer. Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel. Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig. Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie. Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!” (Psalm 51:1-17).

Wie hierdie voorbeeldige gebed van Dawid bid, sal ‘n besliste antwoord van God ontvang. Jesus het hierdie profesie vervul toe hy verklaar het: "Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê" (Johannes 8:12). Hy het ook gesê, "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie" (Johannes 15:5).

Aan die begin van Sy bediening het Jesus dit aan Nicodemus duidelik gemaak: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie" (Johannes 3:5). Petrus het hierdie belofte bevestig op Pinksterdag voor 3,000 mense: "Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang" (Handelinge 2:38).


4.12.6 - Geestelike Oorlogvoering

Wanneer die Heilige Gees in ons woon, dan is ons nie immuun teen versoeking nie. Die Gees stry egter teen die vlees en die vlees teen die gees en ‘n stryd woed soos Paulus dit beskryf: "maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe" (Romeine 8:13). In Efesiërs 4:22-24 waarsku Paulus "dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid." Om die ou mens af te lê beteken om al ons sondige begeertes vir altyd te haat en te verloën. Om die nuwe mens te beklee beteken om Jesus soos ‘n nuwe kleed aan te trek nadat Hy ons gehelp het om ons oorspronklike selfsug te oorkom.

In hierdie oorlogvoering mag ons nederlae ly soos ons streef om ‘n heilige lewe te leef. Dan moet ons weer vinnig opstaan en na Jesus draai om ons sonde openlik te bely. Wanneer ons trots en selfvertroue gebreek is, dan is ons weer met Jesus verenig en ervaar ons Sy krag in ons swakheid. Dit is die enigste manier om oorwinning oor die bose in onsself te behaal en in volwassenheid saam met die Here te groei. Die Bybel sê, "Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God." In Romeine 8:1-2 vertroos Paulus elkeen wat deelneem aan geestelike oorlogvoering: "Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood." Terwyl die Ou testament die bose intensies en dade onder straf van die wet plaas, gee die Nuwe Testament ons ‘n dieper begrip van ons totale sondigheid. Terselfdertyd waarsku dit ons om die geregtigheid van God deur genade en geloof in Jesus Christus te aanvaar. Hy bemagtig ons om die Heilige Gees te ontvang ter hernuwing van ons gedagtes en wil. Die wet van Moses probeer ons verhoed van val, maar Jesus gee ons totale regverdiging en die krag van die gees van God om sy gebooie na te kom. Terwyl die Ou Testament die chaos in ons lewens blootstel wat die resultaat is van ons bose motiewe, gee ons hemelse Vader ons Goddelike geregtigheid: geen skuld en geen straf nie! Jesus het reeds die prys betaal! Saam met ons regverdiging het Hy ons ook Sy ewige Gees gegee om sonde te oorkom. Die Drie-Enige God bevry ons van ons sonde en lei ons van neerlaag na oorwinning deur die krag van Sy inwonende liefde.


4.12.7 - Islam en Begeerte

Islam ken nie die vervulling van die wet deur regverdiging van geloof of oorwinning oor die vlees deur die Gees nie. Die Koran verklaar dat die mens swak geskape is ((Soera al-Nisa 4:28). Islam skuif dus ‘n deel van die blaam na Allah. Dit is waarom Mohammed mans toegelaat het om met byvroue te trou afgesien van hul vier vroue, want dit verhoed versoekings (Soera al-Nisa 4:25). Mohammed self het met Zayd se vrou getrou toe Zayd sy aangenome seun was. Rakende die huwelik het Mohammed ‘n spesiale openbaring van Allah ontvang wat hom toegelaat het om met Zayd se vrou te trou asook enige ander vrou wat haarself aan hom sou gee (Soera al-Ahzab 33:37,50,51).

Die Koran wys ook telkemale dat Allah lei en mislei wie hy ook al wil (Soeras Ibrahim 14:4 en Al-Fatir 35:8). Gevolglik is daar nie veel morele verantwoordelikheid op die mens self nie.

In heilige oorloë was plundery en oorlogsbuit baie belangrik. Soms het die vegters veldslae verloor omdat hulle voortydig buit bymekaar gemaak en huis toe gedra het. Soms was daar harde twis oor die verdeling van oorlogsbuit. Materiële voordeel en die oorgee aan begeertes speel dikwels ‘n groot rol in die lewe van ‘n Moslem. Gesag en aansien is vir hulle bewyse van die genade van Allah, wat opsigtelik in die lewens van Moslemheersers manifesteer. Die nederigheid en sagmoedigheid van Christus is vreemd aan Islam.

Bloedwraak word ook nie in Islam verbied nie, solank geen ooreenkoms vir vergoeding bereik is nie. Mohammed het sy boodskappers persoonlik gestuur om sy vyande te gaan vermoor. Die mens se egotistiese begeertes verbeter nie wanneer hy Islam aanvaar nie, alles bly dieselfde behalwe dat hy immuun geword het vir die redding van Christus. Vir ‘n Moslem is geloof in God die Vader een van die onvergeeflike sondes. Hy moet homself probeer red deur goeie werke. Goeie werke is nie eerstens dade van genade nie, maar van die vervulling van godsdienstige pligte soos die belydenis van Islam, Islamitiese gebed vyf keer ‘n dag, vas in die maand van Ramadan, die gee van aalmoese vir die armes, ‘n pelgrimstog na Mekka, om die Koran te memoriseer en om in heilige oorlog te veg vir die verspreiding van Islam. Die Moslem weet natuurlik omtrent niks van hoe sy hart kan vernuwe word nie. Hierdie nuwe skepping is nie moontlik nie, want die werklike Heilige Gees is onbekend in Islam (Soera al-Isra' 17:85). ‘n Moslem verstaan die Heilige Gees om ‘n geskape Gees van God te wees en word normaalweg beskou as die engel Gabriel. Hy is nie die gees van binne God self nie. Daarom is die kultuur en beskawing van Islam die produk van menslike ywer. Die vrug van die Gees, liefde, vreugde en vrede, word afgeskeep in Islam omdat die basis daarvoor, die vergewing van sonde deur die genade van die Gekruisigde Een, verwerp word.

Dit is maklik vir iemand om ‘n Moslem te word want hy kan op dieselfde manier voortleef. As iemand Islam aanvaar, dan kan hulle steeds voortgaan om poligamie te beoefen in Afrika en Asië. Fisiese en materiële begeertes word selfs in die paradys belowe: eet en drink en seksuele bevrediging. ‘n Moslem se ewigheid is niks anders as die geprojekteerde materialistiese begeertes van die aardse mens nie (Soera al-Waqi`a 56:16-37). Allah self sal nie daar wees in die Islamitiese paradys nie. Daar is geen hoop van enige kontak of gemeenskap met Allah nie, ook is daar geen geestelike vernuwing of stryd teen die mens se egotistiese selfsug in Islam nie. Moreel en geestelik is Islam ver onder die vlak van die Ou Testament en onvergelykbaar in waarde met die Nuwe Testament.


4.12.8 - Christus ons Enigste Hoop

Ons moet egter seker maak dat ons nie enige minagting koester vir Moslems of Jode nie, want daar is geen Christen, in homself, wat beter is as enigiemand anders nie. Deur geloof in Christus alleen ontvang ons geregtigheid en krag om ‘n heilige lewe te leef. Jesus is die wynstok en ons die lote en deur in Hom te bly, word ons weerhou van trots en kan ons die vrug van Sy Gees voortbring. Ons kan nie enigiets goed sonder Jesus doen nie, Hy is ons standaard.

www.Grace-and-Truth.net

Page last modified on October 10, 2013, at 11:20 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.3.3)